Houtdraak (astrologie)

甲辰

Die Houtdraak (甲辰, jiǎchén) is die 41ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ; die element Hout en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtdraakjaar het in 1964 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 13 Februarie 1964 tot 1 Februarie 1965.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search